TOEGANGSREëLS 2012
VRYWARING: Naboom Windpomp Feesterrein, gehou te Euphoria Gholf Landgoed word betree op eie risiko en onderworpe aan die Reëls van die Organiseerders en Euphoria Gholf Landgoed, en so ook enige ander terrein waar enige aktiwiteit aangbied word deur die Organiseerders. Die Organiseerders, Euphorbia C.O. Skool, Euphoria Gholf Landgoed, enige eienaar van ‘'n perseel waar aktiwiteite aangebied word, hul bestuur en / of werkers, die borge, asook die bestuur en werkers van enige perseel waar aktiwiteite aangebied word, aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige skade, verlies, dood en / of besering nie. Die feesganger vrywaar die organiseerders, Euphorbia C.O. Skool, Euphoria Gholf Landgoed, die borge, die eienaars, bestuur en / of werkers, vir enige skade, verlies, dood en / of besering.
Met betreding van perseel word onherroeplik toegestem in persoon, as ouer / voog, en behoorlik daartoe gemagtig deur enige gade, en gewaarborg dat ek / ons / die minderjarige aan al die aktiwiteite van die Fees mag deelneem. Die feesganger erken dat hulle bewus gemaak is van die gevare verbonde aan deelname en betreding van die terrein en is bewus dat hulle die perseel te enige tyd kan verlaat indien hul ongemaklik voel.
Die werknemers, organiseerders, Euphorbia C.O Skool, Euphoria Gholf Landgoed, enige eienaar, bestuur en / of wekrers, ook waar enige aktiwiteit aangebied word, die borge en kunstenaars word gevrywaar en ge-indemnifiseer van enige eis wat ek / ons / die minderjarige mag verkry voortspruitend uit, en of opgedoen op enige wyse, uit die betreding, deelname aan aktiwiteite, bywoning van verrigtinge op enige perseel of plek, welke openbare paaie insluit, die besoek aan diere, of andersins op enige ander wyse opgedoen, ingesluit verlies, besering of dood, en hou die feesganger die entiteite skadeloos.
Ek/ons is bewus dat diere contra naturam mag optree, ongeag of hulle opgeleide diere is, en moet te alle tye as gevaarlik beskou word. Ek / ons is bewus dat potensieël gevaarlike aktiwiteite aangebied mag word, dat diere mag en verkeer op persele mag voorkom. Ek / ons is bewus dat daar geen diensverhouding tussen die uitstallers, kunstenaars, verskaffers van vermaaklikheid, eienaars van enige eiendom waarop aktiwiteite aangebied word, en die Organiseerders van die Fees bestaan nie.
Ek/ons / die minderjarige betree die eiendom, en neem deel aan aktiwiteite, op eie risiko, en welke risiko ek namens myself / onsself en die minderjarige aanvaar, en verklaar dat ons bewus gemaak is van gevare voor betreding van perseel, of deelname aan verrigtinge. Ek stem gevolglik toe tot moontlike benadeling, en is bewus dat ek/ons die minderjarige skade, verlies en of besering mag ly, of dat lewensverlies kan voorkom, uit deelname aan aktiwiteite en / of uit betreding van enige eiendom waarop aktiwiteite aangebied word.
Ek/ons is vertroud met die gevolge van hierdie afstanddoening, verstaan dit, en doen dit uit vrye wil en sonder enige beïnvloeding of oorreding.
FOOIE & ReëLS : ‘n Toegangsfooi vir besoekers / publiek word gehef by die Naboom Windpompfees gehou te Euphoria Gholf Landgoed.
REG VAN TOEGANG WORD VOORBEHOU – GELISENSIëERDE PERSEEL.
Geen drank of kos mag op die perseel gebring word nie, anders as per uitstaller magtiging nie.
Geen feesganger mag in ‘n bakleiery betrokke raak, enige onaangenaamheid veroorsaak, of op ongemagtigde plekke beweeg of slaap nie.
Geen persoon onder 18 jaar ouderdom, of skoliere, mag die Biertuin betree sonder volwasse toesig nie.
Geen persoon mag diere voer nie en geen besoek aan diere sonder ouer toesig word toegelaat nie.
Enige voertuig in ontoelaatbare area mag weggesleep word en gestoor word, vir welke kostes die relevante persoon aanspreeklik sal wees.
SEKURITEIT: Naboom Windpompfees verskaf voltyds sekuriteit, maar kan nie aanspreeklikheid aanvaar vir enige verliese of skade nie.
Geen fotos of videos van kunstenaars / optredes mag gemaak of gebruik word sonder die toestemming van die Organiseerders en / of kunstenaars nie.
Die Organiseerders is geregtig om enige persoon van die terrein te verwyder, of enige persson versoek om die terrein te verlaat, of te versoek om ‘'n bepaalde gedeelte van die terrein te verlaat, of om op enige verbode item beslag te lê sonder vergoeding.
Met betreding van die toepaslike perseel word bevestig dat die Feesganger vertroud is met die voorwaardes en reëls, en dit aanvaar en daaraan gehoor sal gee.
Die Organiseerders behou die reg voor om te eniger tyd die Reëls en Voorwaardes sonder kennisgewing te wysig.
OP LAS, ORGANISEERDERS