REëLS EN VOORWAARDES VIR UITSTALLERS & BESOEKERS
1. SLUITINGSDATUM: Alle inskrywingsvorms moet die Feeskantoor bereik voor of op 23 MAART 2012. Die Organiseerders mag binne absolute diskressie ‘n deposito versoek by individuele uitstallers, welke terugbetaalbaar is aan die einde van die verrigtinge en op voorwaarde dat die reels en voorwaardes aan gehoor gegee is.
2. PLASING: Let wel dat daar ‘n beperkte hoeveelheid van genoemde stalletjies is. Tariewe en toegangstariewe word uiteengesit in die aansoekvorms. Stalletjieplasings word eers bevestig na ontvangs van betaling wat moet geskied voor 7 APRIL 2012 om u plek te verseker.
3. EVALUASIE: Daar vind ‘n keuringsproses plaas om kwaliteit te verseker en duplisering van produkte te verminder en om sodoende ‘n wyer verskeidenheid van produkte daar te stel. Dit beteken nie dat geen duplisering plaasvind nie, aangesien gesonde mededinging 'n erkende besigheidspraktyk is. Die beslissing van die organiseerders t.o.v. die allokasie/aanwysing van stalletjies is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. Kosstalletjies moet ook aan die plaaslike, asook enige ander toepaslike wetgewing en gesondheidsregulasies voldoen. Kosstalletjiehouers moet hulle eie brandblussers voorsien en voorsiening maak vir verkoelingstoerusting vir bederfbare produkte. Om gehalte te verseker, het die organiseerders die reg om te gelas dat produkte by aangewysde verskaffers aangekoop moet word. Die organiseerders mag ook 'n standaard van kos vasstel. Die aansoeker sal vir addissionele werkers elke dag die vasgestelde toegangstarief by die hekke betaal, alternatiewelik die spesiale tarief betaal soos vasgestel vir die volle tydperk van die fees. Kosstalletjies sal deurgaans gemonitor word en moet kos / drank van hoogstaande gehalte gelewer word. Sou enige probleme ondervind word mag die organiseerders die kos / drank verwyder en /of die stalletjie sluit. Die toegekende stalletjie moet sorg dra dat daar genoegsame voorraad is. Enige stalletjie mag nie ander items verkoop as waarvoor magtiging verleen is nie.
4. BETALING VAN KOSTES: Suksesvolle aansoekers wat nie reeds betaal het nie, moet voor of op 7 APRIL 2012 die verskuldigde bedrag in Naboom Windpompfees se rekening inbetaal (sien bankbesonderhede op laaste bladsy). U verwysingsnommer moet op die depositostrokie verskyn en moet die uitstaller die betalingsbewys faks na 086 695 1806. Waar geen verwysing verskyn nie, sal die organiseerders nie aanspreeklik wees vir die nie-toekenning of die toekenning van ‘n ander stalletjie, of vir enige skade wat die uitstaller mag ly nie. Vir kansellasies na 30 MAART 2012 mag daar n kasellasiefooi van 10% van die stalletjietarief gehef word. Die volle stalletjietarief moet betaal wees teen 7 APRIL 2012. ‘n Betaling deur die Bank teruggeskryf, beteken outomatiese kansellasie van die aansoek en heraanwysing van die stalletjie.
In die geval waar u versuim om teen 7 APRIL 2012 die volle aansoekgelde oor te betaal, verbeur u die uitstalruimte wat dan binne uitsluitlike diskressie van die Organiseerders hertoegeken sal word. In die geval waar u die stalletjie kanselleer na 30 MAART 2012 verbeur u die aansoekgelde reeds inbetaal, volgens diskressie van die organiseerders.
5. WEBWERF EN FEESPROGRAM: Dit is u verantwoordelikheid om alle logo’s en kunswerke in jpeg-formaat in te stuur na windpompfees@gmail.com om te verseker dat u op die genoemde promosieblaaie verskyn, met sluitingsdatum 23 MAART 2012. Dit is die Applikant se verantwoordelikheid om, op eie koste, die inligting in die regte formaat te verskaf. Sou u nie die logo's aanstuur nie, mag dit wees dat u nie in die program adverteer nie, en ook nie op die webblad nie, maar sal geen korting toegestaan word op die prys nie. Sou die inligting na 23 MAART 2012 ontvang word, sal die organiseerders die inligting binne uitsluitlike diskressie op die webblad plaas.
6. HANDELSURE: Die hekke open op 26 APRIL 2012 OM 10h00 EN 27 EN 28 APRIL 2012 om 07h00. Hekke sluit daagliks 22h000, en moet stalletjies vanaf opening van hekke tot, minstens, 19H00 bedryf word, of soos andersins deur Organiseerders goedgekeur op skriftelikke aanvraag. Geen stalletjies mag sonder skriftelike toestemming voor 19H00 saans ophou handeldryf nie.
7. VOERTUIE: Geen voertuie sal op die terrein toegelaat word 26, 27 EN 28 APRIL 2012 nie. Die voertuie moet op die aangewese en gewysde plekke geparkeer word, anders mag die voertuie weggesleep word vir koste van Applikant. Die Applikant mag geen ander voertuig toelaat op die aangewese gebied van die Applikant nie. Tydens die fees mag daar ‘n “shuttle service” beskikbaar wees teen ‘n fooi om u benodigdhede in en uit die feesterrein te vervoer. U moet asb vooraf reël met die fees komitee as u van die diens gebruik wil maak. Die organiseeders behou die reg voor, om sonder kennisgewing, toegang van voertuie te weier, of indien reeds toegelaat, die vertrek daarvan op te skort en / of die tye van toegang / uitgang te verander, ten einde die veiligheid van publiek en uitstallers te beskerm. Alle voertuie wat nie deel uitmaak van u stalletjie uitstalling nie, moet Woensdagaand 25 APRIL 2012 teen 19H00 verwyder word vanaf die feesterrein, na die aangewese plek van die Applikant. Uitstallers / besoekers mag met geen voertuig op die terrein rondbeweeg, anders as hierin ooreengekom nie, welke insluit “gholfkarretjies”, fietse, “quad” fietse, of enige ander voertuig / rytuig. Die organiseerders behou die reg voor om enige voorwaarde aan individuele uitstallers op te lê
8. UITSTALRUIMTE: Stalletjies wissel van grootte soos wat u dit bespreek het op aansoekvorm. Stalletjies word van ‘n raamwerk voorsien. Waentjies moet deel van die stalletjie vorm of verwyder word na die toegewysde parkeerarea. SOU U GEBRUIK MAAK VAN VOORAFVERVAARDIGDE TOERUSTING (BV. SLEEPWA), EN U DIE GROOTE VAN DIE UITSTALSPASIE OORSKRY, MOET U VOOR 23 MAART 2012 DIE INLIGTING & SPESIFIEKE MATES VAN DIE TOERUSTING, DEURGEE AAN DIE ORGANISEERDERS. Die grootste sorg word aan die dag gelê om stalletjies uit te meet volgens aangeduide groottes.
Uitstallers kan vanaf 25 APRIL 2012 stalletjies voorberei. Geen voorbereiding van stalletjies mag plaasvind na 09h00 op 26 APRIL 2012 nie, en na 07h00 op 27 en 28 APRIL 2012 nie. Geen stalletjies mag voor, sonder skriftelike magtiging van die organiseerders, Saterdag 28 APRIL 2012 om 23h00 opgeruim en ontruim word, en sodanige toestemming onderhewig aan die diskressie soos in klousule 7 vermeld.
Stalletjies kan ook Sondag 29 APRIL 2012 opgeruim word. Geen stalletjies mag die terrein voor die tyd verlaat nie. STALLETJIES WAT VOOR DIE TYD OPPAK EN VERTREK IS NIE GEREGTIG OP ENIGE TERUGBETALINGS NIE EN HET DIE ORGANISEERDERS DIE REG OM DEELNAME VAN TOEKOMSTIGE FEESTE TE WEIER. Alle stalletjies moet teen 29 APRIL 2012 om 17H00 ontruim wees.
GEEN PERSONE WORD SONDER MAGTIGING TOEGELAAT OM OP DIE TERREIN TE OORNAG NIE.
Geen troeteldiere word by die stalletjies toegelaat nie. Stalletjiehouers is verantwoordelik vir die netheid van hul stalletjies.
Stalletjies mag word voorsien van een 220V – kragpunt vir _____watt. Die organiseerders sal ‘'n kragbepaling doen nadat alle aansoeke ingedien is, en kan dan krag en ampere aan kragstalletjies toeken. Daar mag geen verwarmers, ketels of elemente getrek word op die kragpunt nie. Stalletjiehouers is verantwoordelik daarvoor om hul eie krag-verlengingskoorde te verskaf. Indien u meer krag verlang moet ‘n spesiale reeling getref word met die organiseerders en sal daar ‘n ekstra fooi gehef word.
U MOET U LYS VAN KRAGTOERUSTING WAT U WIL GEBRUIK EN U BEHOEFTE VIR ADISSIONELE KRAG DEURGEE VOOR 23 MAART 2012.
Aangesien ons ‘n buitelug fees aanbied, is u verantwoordelik vir u eie afdak (sou u nie onderdak of onder tentspasie toegeken word nie), tafels, stoele, en ander uitstaltoerusting. Die Organiseerders aanvaar geen verantwoordelikheid vir produk(te) wat bederf of nie verkoop nie. “'n Verhoogde stalletjie tarief mag toepaslik wees waar die Organiseerders versoek word om oorhoofse tent beskikbaar te stel, of vir addissionele krag en waterpunte.
Neem kennis dat daar ‘n toegangsfooi vir die publiek gehef word by die Naboom Windpompfees gehou te Euphoria Gholf Landgoed. Geen drank of kos mag op die perseel gebring word nie, anders as per uitstaller magtiging nie.
9. SIGBARE LOGO'S & KLANKTOESTELLE: Uitstallers word toegelaat om hulle eie naamborde aan te bring by die stalletjies. Dit mag egter nie u buurman se sig versper of in sy area wees nie. Die gebruik van Naboom Windpompfees logo of naam is streng verbode en mag nie sonder goedkeuring van die organiseerders gebruik word nie. Aansoeke in die verband kan direk aan die organiseerders gerig word by windpompfees@gmail.com / FAKS : 086 695 1806 / SEL : 076 533 4513.
Die gebruik van enige borge, of die tentoonstelling van enige borge se logo’s, promosies, ens. is verbode. Indien enige aansoeker geborg word deur enige instansie / entiteit, en daar word verlang dat enige borde, kennisgewings of advertensie aan die borg gegee word, moet die aansoeker vooraf skriftelike magtiging verkry vir die vertoning, uitstalling of advertering van die voorgenome borg.
Sou geen skriftelike magtiging in besit wees van die uitstaller nie, kan die organiseerders die aansoeker versoek om die items te verwyder en / of om die terrein onmiddellik te verlaat. Enige inbetaling of voordeel sal verbeur word deur die uitstaller. Indien 'n borg van die organiseerders as borg onttrek, of gedeeltelik onttrek, weens die vertoning, advertensie en / of promosies van ‘n borg van 'n uitstaller, of 'n verskaffer in kompetisie met die organiseerder se borg, sal die uitstaller aanspreeklik wees vir enige verlies wat die Organiseerders mag ly.
Die gebruik van enige klanksisteme, of aankondigingsisteme, is streng verbode en mag geensins gebruik word sonder vooraf verkreë skriftelike toestemming van die organiseerders nie. ALLE aankondigings moet deur die organiseerders gedoen word, en wie dit binne uitsluitlike diskressie doen.
10. SEKURITEIT: Naboom Windpompfees verskaf voltyds sekuriteit, maar kan nie aanspreeklikheid aanvaar vir enige verliese of skade nie. ‘n Persoonlike wag vir u stalletjie kan met die Fees se amptelike sekuriteitsdiens, vir u eie rekening, gereël word. Die firma se besonderhede is op aanvraag beskikbaar. Geen foto`s of videos van kunstenaars / optredes mag gemaak of gebruik word sonder die toestemming van die organiseerders nie.
11. VERBLYF: Stalletjiehouers is verantwoordelik vir hul eie reis-en verblyfreëlings. Vir hulp in die verband skakel die feeskantoor by windpompfees@gmail.com .
12. REGISTRASIE: Alle gekeurde stalletjiehouers kan vanaf WOENSDAG 25 APRIL 2012 tussen 09h00 en 17h00 op die terrein registreer.
DIE TOEGANGSHEKKE SLUIT OM 17H00 OP 25 APRIL 2012 EN NIEMAND SONDER TOEGANGSREëLINGS SAL TOEGELAAT WORD NIE.
LW : GEEN REGISTRASIE KAN NA 08H00 OP 26 APRIL 2012 OP DIE FEESTERREIN GEDOEN WORD NIE. By registrasie word toegangskaartjies uitgereik / oorhandig vir die uitstaller en soveel werkers as waarvoor betaling ontvang is. Gekeurde aansoekers wat nie op hierdie dag registreer nie, verbeur hul fooie en hul stalletjies waarna Naboom Windpompfees dit sal herverhuur. Na registrasie kan stalletjiehouers uitpak. Stalletjiehouers se gedrag mag nie steurend vir ander stalletjies wees nie. Geen uitstaller mag in ‘n bakleiery betrokke raak, enige onaangenaamheid veroorsaak, of na ure op ongemagtigde plekke beweeg of slaap nie. Enige dispuut moet na die Organiseerders verwys word wat ’n finale besluit sal neem wat op die betrokkenes van toepassing sal wees.
13. VERBREKING : Indien enige uitstaller enige voorwaarde verbreek, of aan wangedrag skuldig is, sal die organiseerders geregtig wees om die uitstaller te versoek om enige item te verwyder, enige handeling, aktiwiteit of gedrag te stop of te verrig, of gehoor te gee aan enige reel, versoek, of opdrag, die uitstaller versoek om die terrein en stalletjie onmiddellik te ontruim, of dit te laat ontruim. Sou ander produkte verkoop word kan dit verwyder word en /of kan die uitstaller versoek word om die terrein te verlaat. As kos / drank nie aan standaarde voldoen nie, mag die kos / drank verwyder word en /of die uitstaller versoek word om die terrein te verlaat. Die uitstaller sal ook enige voordeel en / of betaling verbeur, en mag die organiseerders ook enige verbode items konfiskeer. Die uitstaller mag ook registrasie van toekomstige feeste geweier word. Sou enige voertuig in die terrein beweeg of staan sonder magtiging, sal dit weggesleep word en sal die betrokke persoon aanspreeklik wees vir wegssleep en pandkostes.
14. VRYWARING: Naboom Windpomp Feesterrein gehou te Euphoria Gholf Landgoed word betree op eie risiko en onderworpe aan die Reëls van die Organiseerders en Euphoria Gholf Landgoed. Die Organiseerders, Euphorbia C.O. Skool, Euphoria Gholf Landgoed, die borge, asook die bestuur en werkers aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige skade, verlies, dood en / of besering nie. Die applikant vrywaar werknemers, die organiseerders, Euphorbia C.O. Skool, Euphoria Gholf Landgoed, die borge asook die bestuur en werkers vir enige skade, verlies, dood en / of besering. Met betreding van perseel word toegestem in persoon, as ouer / voog, en behoorlik daartoe gemagtig deur enige gade, word onherroeplik toestemming verleen dat ek / ons / die minderjarige aan al die aktiwiteite van die Fees mag deelneem. Die werknemers, organiseerders Euphorbia C.O Skool, Euphoria Gholf Landgoed, die borge en kunstenaars word gevrywaar en indemniseer van enige eis wat ek / ons / die minderjarige mag verkry voortspruitend uit, en opgedoen op enige wyse, hetsy voortspruitend uit die betreding, deelname aan aktiwiteite, bywoning van verrigtinge, besoek aan diere, of andersins op enige ander wyse opgedoen, ingesluit verlies of besering of dood, en hou die entiteite skadeloos. Ek / ons is bewus dat diere contra naturam mag optree, ongeag of hulle opgeleide diere is, en moet te alle tye as gevaarlik beskou word.
Ek / ons is bewus dat daar geen diensverhouding tussen die uitstallers, kunstenaars, verskaffers van vermaaklikheid, eienaar van die eiendom en die Organiseerders van die Fees bestaan nie. Ek / ons / die minderjarige betree die eiendom en neem deel aan aktiwiteite op eie risiko, en welke risiko ek namens myself / onsself en die minderjarige aanvaar. Ek stem gevolglik toe tot moontlike benadeling, en is bewus dat ek / ons die minderjarige skade, verlies en of besering, asook lewensverlies mag ly uit deelname aan aktiwiteite en / of uit betreding van die eiendom.
Ek / ons is vertroud met die gevolge van hierdie afstanddoening, verstaan dit en doen dit uit vrye wil en sonder enige beïnvloeding of oorreding. Die Organiseerders behou die reg voor om te eniger tyd die Reëls en Voorwaardes sonder kennisgewing te wysig.
Let asseblief daarop dat met ondertekening van aansoek word bevestig dat die applikant vertroud is met die voorwaardes en reëls, en dit aanvaar. Alle voltooide aansoeke asook die bladsy, moet behoorlik onderteken en teruggefaks word na 086 695 1806, per e-pos gestuur word na windpompfees@gmail.com of indien u die aansoekvorm vanaf die webblad indien deur op SUBMIT te kliek verklaar u dat u hierdie voorwaardes gelees het, dit verstaan en aanvaar.
BANK EN KONTAKBESONDERHEDE:
Bank: Eerste Nasionale Bank
Takkode: 260-348
Naam van Rekening: Windpompfees
Rekeningnommer: 62 171 395 984 (Spaarrekening)
Verwysing: Naam van u besigheid
E-posadres: windpompfees@gmail.com
Faksnommer: 086 695 1806
Selfoonnommer: 076 533 4513