Oopverhoog aansoekvorm
Die doelstelling van loketproduksies by die Windpompfees is om ’n geleentheid te skep vir "opkomende kunstenaars" om blootsteliing te kry en hul talente aan feesgangers bekend te stel. Tensy anders ooreengekom, is daar geen vergoeding vir Ioketoptredes nie.
Die siuitingsdatum vir inskrywings is 21 Aprii 2011. Aansoekers kan vanaf 15 Mei 2011 met GWEN VAN EMMENIS skakel (076 5334 513) om te hoor of hulie suksesvol was, al dan nie.
Geen inskrywingsgeld of administrasiefooi is betaalbaar vir Ioketproduksies nie. Aansoekers is verantwoordelik vir hulle eie reis en verblyf (reëlings en koste) sowel as publisiteits- en reklamemateriaal en die opsit en verwydering daarvan. Alle sodanige materiaal moet vooraf goedgekeur word deur die Windpompfeesbestuur. Kunstenaars van loketproduksies word voorsien van toegangskaartjies tot die feesterrein, maar kaartjies word nie vir enige ondersteuners, familie of bestuurders verskaf nie. Een-dag of drie-dag kaartjies is beskikbaar. Toegangsfooie word by die Windpompfeesterrein gehef. Geen “VIP" kaartjies word aan Ioketkunstenaars verskaf nie. Kunstenaars van loketproduksies kwalifiseer nie outomaties vir toegang tot die VIP-Iosie nie, en toegang tot VIP-Iosies word volgens die diskresie van die Windpompfeesbestuur toegeken.
Die Windpompfees-terrein word betree op die voorwaardes gestel en die organiseerders van die Windpompfees of hulle verteenwoordigers aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige skade, van welke aard ookal wat die Ioketproduksie kunstenaars mag ly nie.
Die kunstenaar sal een uur voor optrede op die terrein wees. Sou die kunstenaar versuim om op te tree, behalwe weens oormag, sal ‘n kansellasiefooi van R 1 000-00 betaalbaar wees aan die Windpompfees. Die kunstenaar mag geen vertraging van die program veroorsaak nie, anders kan die Windpompfeesbestuur in hul uitsluitlike diskresie die optrede kanselleer. Sou die produksie nie voldoen aan die vereistes gestel nie, kan die Windpompfeesbestuur die optrede staak en/of enige verdere optredes kanselleer. In geval van kansellasie sal die kunstenaar geen eis van watter aard ookal teen die organiseerders of hulle verteenwoordigers hê nie.
U aansoek moet ’n onlangse foto en CD, DVD,of video-opname (of ander aanvaarbare medium) van u musiek insluit, waarop u aansoek beoordeel sal word. Indien die aansoek goedgekeur word, sal u na 16 Mei 2011 in kennis gestel word en oor die detail van u optrede ingelig word.
Aansoeke word ingedien per e-pos, by EUPHORBIA SKOOL, 9 de Straat 90, Naboomspruit of soos gereël met Gwen van Emmenis by 076 5334 513.