4x4 Safari
Kontakpersoon: LUKAS RAUTENBACH
Tel: 083 254 7127 - Faks (slegs 4x4): 088720 1523 - E-pos
ALGEMEEN:
• INSKRYWINGSFOOI: R 900.00 PER VOERTUIG (maksimum 4 insittendes)
• Inskrywingsfooi betaalbaar by aantekening van inskrywing.
• Inskrywingsfooi sluit in:
- Kostes van roetes;
- Peuselhappie-sak;
- 2 x Windpompfees toegangskaartjies vir Satardag, 28 April 2012;
- Gebruik van 4x4 parkering op feesterrein, Saterdag;
- Toegang tot 4x4 aktiwiteite op feesterrein, Saterdag;
- 4x4 Safari inligtingsmateriaal;
- Slegs 4x4 deelnemers kom in aanmerking vir die pryse en gesinskompetisies wat tydens die 4x4 Safari aangebied word;
- Deelnemers is self verantwoordelik vir verblyf, eet- en drinkgoed en voertuie. Daar sal op die roete kos en drinkgoed te koop aangebied word.
FORMAAT:
• Die 4x4 Safari roete is ‘n onbegeleide roete wat deur die bestuurder self onderneem word op ‘n vooraf aangeduide roete.
• GPS navigering word aanbeveel.
• Bestuurders moet oor basiese 4x4 vaardighede beskik.
• Twee verskillende roetes word oor twee dae gery op 27 en 28 April 2012.
• Die Safari word afgesluit tydens ‘n prysuitdelingsessie by die Naboom Windpompfees op 28/4/2012.
INSKRYWINGS:
• lnskrywings open op 23/11/2011 en kan met die vorm hier onder, per e pos of per faks ingestuur word.
REGISTRASIE:
• Registrasie vind plaas op D.V. 27/4/2012 na afloop van die veiligheids-inligtingsessie, waartydens die vrywarings ingeneem sal word en registrasienommers uitgedeel sal word.
• Deelnemers sal vroegtydig van die aanmeldingspunt voorsien word.
VElLIGHEIDS-INLIGTINGSESSIE:
• Gedurende die veiligheids-inligtingsessie sal deelnemende bestuurders voorsien word van ‘n boekie wat algemene roetekaarte, GPS koordinate, reëls en riglyne bevat, asook sekere bekende hindernisse identifiseer en algemene riglyne vir sodanige hindernisse en algemene veiligheidsprosedures ten opsigte van die spesifieke hindernisse bespreek.
• Na afloop van die inligtingsessie sal daar van alle bestuurders en passasiers verwag word om ‘n vryvvaringsvorm te onderteken, waarna registrasienommers oorhandig sal word.
BELANGRIK:
Geen bestuurder sal op die roete toegelaat word indien hy/sy nie by die veiligheids-inligtingsessie teenwoordig was nie, en na afloop van die sessie die vrywaringsvorm onderteken en ingehandig het nie.
Na aanleiding van die nuwe vereistes soos gestel in die Wet op Verbruikersbeskerming, 68 van 2008, word u versoek om die inligting hieronder volledig te voltooi. Deur SUBMIT onderaan die vorm te kliek, doen u aansoek vir deelname aan die 4x4 Safariroete ervaring, bevestig u dat u hierdie bepalings gelees het en aanvaar, en dat al die inligting wat u in die vorm verskaf het, korrek is.